Die tweede boek van Samuel 1:1-27

  • Dawid hoor van Saul se dood (1-16)

  • Dawid se treurlied oor Saul en Jonatan (17-27)

1  Ná Saul se dood, toe Dawid teruggekeer het nadat hy die Amalekiete verslaan het, het Dawid twee dae lank in Siklag+ gebly.  Op die derde dag het ’n man met geskeurde klere en grond op sy kop van die kamp van Saul af gekom. Toe hy by Dawid kom, het hy op sy knieë geval en neergebuig.  Dawid het vir hom gevra: “Waar kom jy vandaan?” Hy het geantwoord: “Ek het uit die kamp van Israel gevlug.”  Dawid het vir hom gevra: “Wat het gebeur? Vertel my, asseblief.” Toe het hy gesê: “Die manne het van die geveg af weggevlug, en baie van hulle het gesterf. Selfs Saul en sy seun Joʹnatan het gesterf.”+  Toe het Dawid vir die jong man wat vir hom die nuus gebring het, gevra: “Hoe weet jy dat Saul en sy seun Joʹnatan dood is?”  Die jong man het geantwoord: “Ek was toevallig op die berg Gilboʹa,+ en daar het ek Saul gesien wat op sy spies leun, en die strydwaens en die perderuiters het hom ingehaal.+  Toe hy omdraai en my sien, het hy my geroep, en ek het gesê: ‘Hier is ek!’  Hy het vir my gevra: ‘Wie is jy?’ Ek het geantwoord: ‘Ek is ’n Amalekiet.’+  Toe het hy gesê: ‘Kom staan asseblief oor my en maak my dood, want ek lewe nog, maar ek het verskriklik baie pyn.’ 10  Daarom het ek oor hom gaan staan en hom doodgemaak,+ want ek het geweet dat hy so ernstig gewond is dat hy nie sou oorleef nie. Toe het ek die kroon geneem wat op sy kop was en die armband wat om sy arm was, en ek het dit hier na my heer toe gebring.” 11  Toe het Dawid en al die manne wat by hom was, hulle klere geskeur. 12  En hulle het tot die aand toe getreur, gehuil en gevas+ oor Saul, oor sy seun Joʹnatan, oor die volk van Jehovah en oor die huis van Israel+ omdat hulle met die swaard doodgemaak is. 13  Dawid het vir die jong man wat vir hom die nuus gebring het, gevra: “Waar kom jy vandaan?” Hy het gesê: “Ek is die seun van ’n uitlander, ’n Amalekiet.” 14  Toe het Dawid vir hom gevra: “Hoekom was jy nie bang om die gesalfde van Jehovah dood te maak nie?”+ 15  Dawid het een van die jong manne geroep en gesê: “Kom hier en maak hom dood.” Toe het hy hom doodgemaak.+ 16  Dawid het vir hom gesê: “Jy is verantwoordelik vir jou eie dood,* want jou eie mond het teen jou getuig deur te sê: ‘Ek het die gesalfde van Jehovah doodgemaak.’”+ 17  Toe het Dawid hierdie treurlied oor Saul en sy seun Joʹnatan+ gesing 18  en gesê dat die volk van Juda hierdie treurlied, “Die boog”, geleer moet word, wat in die boek van Jasar geskryf is:+ 19  “Jou prag, o Israel, lê verslaan op jou hoogtes.+Jou magtiges is dood! 20  Moet dit nie in Gat vertel nie.+Moet dit nie in die strate van Asʹkelon bekend maak nie,want anders sal die dogters van die Filistyne bly weesen sal die dogters van die onbesnede manne juig. 21  O berge van Gilboʹa,+mag daar geen dou of reën op julle wees nie,geen velde wat heilige bydraes+ voortbring nie,want daar is die skild van magtiges besoedel. Die skild van Saul is nie meer met olie gesalf nie. 22  Sonder die bloed van vyande en die vet van magtigeshet die boog van Joʹnatan nooit teruggekeer nie,+en die swaard van Saul het altyd sukses behaal.+ 23  Saul en Joʹnatan,+ geliefd en aangenaam* gedurende hulle lewe,en nie geskei in die dood nie.+Hulle was vinniger as arende,+sterker as leeus.+ 24  O dogters van Israel, treur oor Saul,wat julle met helderrooi materiaal en elegante klere geklee het,wat goue versierings aan julle klere gesit het. 25  Die magtiges is in die geveg dood! Joʹnatan lê verslaan op jou hoogtes!+ 26  Ek is baie hartseer oor jou, my broer Joʹnatan. Jy was baie dierbaar vir my.+Jou liefde was vir my wonderliker as die liefde van vrouens.+ 27  Die magtiges is dood,en die oorlogswapens het verdwyn!”

Voetnote

Lett. “Jou bloed is op jou eie kop”.
Of “kosbaar”.