Eksodus 25:1-40

  • Bydraes vir tabernakel (1-9)

  • Die Ark (10-22)

  • Die tafel (23-30)

  • Die lampstaander (31-40)

25  Jehovah het toe vir Moses gesê:  “Sê vir die Israeliete dat hulle vir my ’n bydrae moet insamel. Julle moet die bydrae insamel van elkeen wie se hart hom beweeg om te gee.+  Dít is die bydrae wat julle van hulle moet aanvaar: goud,+ silwer,+ koper,+  blou garing, pers wol,* helderrooi materiaal,* fyn linne, bokhaar,  rooigekleurde ramsvelle, robbevelle, akasiahout,+  olie vir die lampe,+ balsem vir die salfolie+ en vir die geurige reukwerk+  en oniksstene en ander stene wat in die efod+ en die borsstuk+ geset moet word.  Hulle moet vir my ’n heiligdom maak, en ek sal onder hulle woon.+  Julle moet die tabernakel en al sy toerusting presies maak volgens die voorbeeld* wat ek vir julle wys.+ 10  “Hulle moet ’n ark* van akasiahout maak wat twee en ’n half el* lank en een en ’n half el breed en een en ’n half el hoog is.+ 11  Dan moet jy dit met suiwer goud oortrek.+ Jy moet die binnekant en die buitekant daarvan oortrek, en jy moet ’n goue randversiering daarom maak.+ 12  Jy moet vier goue ringe daarvoor giet en dit bo die vier pote vassit, met twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant. 13  En jy moet pale van akasiahout maak en dit met goud oortrek.+ 14  Jy moet die pale deur die ringe aan die kante van die Ark steek om die Ark mee te dra. 15  Die pale moet in die ringe van die Ark bly. Dit mag nie daaruit gehaal word nie.+ 16  Jy moet die Getuienis wat ek jou sal gee, in die Ark sit.+ 17  “Jy moet ’n deksel van suiwer goud maak, twee en ’n half el lank en een en ’n half el breed.+ 18  Jy moet twee gerubs van goud maak. Hulle moet met ’n hamer gevorm word, en hulle moet op die twee kante van die deksel wees.+ 19  Maak die gerubs op die twee kante van die deksel, een gerub aan elke kant. 20  Die gerubs moet hulle twee vlerke na bo uitsprei, bo-oor die deksel,+ met hulle koppe na mekaar toe. Die gesigte van die gerubs moet afkyk na die deksel. 21  Jy moet die deksel+ bo-op die Ark sit, en jy moet die Getuienis wat ek jou sal gee, in die Ark sit. 22  Ek sal daar aan jou verskyn en van bokant die deksel af met jou praat.+ Ek sal van tussen die twee gerubs wat op die ark van die Getuienis is, vir jou al die bevele gee wat jy aan die Israeliete moet oordra. 23  “Jy moet ook ’n tafel+ van akasiahout maak, twee el lank en een el breed en een en ’n half el hoog.+ 24  Jy moet die tafel met suiwer goud oortrek, en jy moet ’n goue randversiering reg rondom maak. 25  Jy moet ’n rand van ’n handbreedte* om die tafel maak, en aan daardie rand moet jy ’n goue randversiering reg rondom maak. 26  Jy moet vier goue ringe daarvoor maak en die ringe vassit aan die vier hoeke, waar die vier pote vas is. 27  Die ringe moet naby die rand wees, en die pale waarmee die tafel gedra word, moet daardeur gesteek word. 28  Jy moet die pale van akasiahout maak en dit met goud oortrek en die tafel daarmee dra. 29  “Jy moet ook vir die tafel die skottels en die bekers maak, sowel as die kanne en die bakke waarmee hulle drankoffers sal uitgooi. Jy moet hulle van suiwer goud maak.+ 30  En jy moet die offerbrode gereeld op die tafel voor my sit.+ 31  “Jy moet ’n lampstaander+ van suiwer goud maak. Dit moet met ’n hamer gevorm word. Die lampstaander se voetstuk, steel, arms, kelke, knoppe en bloeisels moet alles een stuk wees.+ 32  En ses arms moet uit die kante van die lampstaander kom: drie arms uit die een kant en drie arms uit die ander kant. 33  Drie kelke in die vorm van amandelblomme moet aan die een stel arms wees, met knoppe en bloeisels wat mekaar afwissel, en drie kelke in die vorm van amandelblomme aan die ander stel arms, met knoppe en bloeisels wat mekaar afwissel. Dit is hoe die ses arms moet wees wat uit die steel van die lampstaander kom. 34  Aan die steel van die lampstaander moet daar vier kelke in die vorm van amandelblomme wees, met knoppe en bloeisels wat mekaar afwissel. 35  Onder die eerste twee arms wat uit die steel kom, moet daar ’n knop wees, en onder die volgende twee arms moet daar ’n knop wees en onder die laaste twee arms moet daar ’n knop wees. Dit is hoe die ses arms moet wees wat uit die steel kom. 36  Die knoppe en die arms en die hele lampstaander moet een stuk suiwer goud wees. Dit moet met ’n hamer gevorm word.+ 37  Jy moet sewe lampe daarvoor maak, en wanneer die lampe aangesteek is, moet dit die ruimte aan die voorkant daarvan verlig.+ 38  Sy snuiters* en sy vuurbakkies moet van suiwer goud gemaak wees.+ 39  Die lampstaander en hierdie voorwerpe moet van ’n talent* suiwer goud gemaak word. 40  Sorg dat jy dit maak volgens die voorbeeld* wat op die berg vir jou gewys is.+

Voetnote

Of “wol wat persrooi gekleur is”.
Die kleurstof wat hiervoor gebruik is, kom van die kermes-skildluis.
Of “ontwerp”.
Of “kis”.
’n El was gelyk aan 44,5 cm. Sien Aanh. B14.
Omtrent 7,4 cm. Sien Aanh. B14.
Of “tange”.
’n Talent was gelyk aan 34,2 kg. Sien Aanh. B14.
Of “ontwerp”.