Miga 3:1-12
3 Ek het gesê: “Luister asseblief, hoofde van Jakoben leiers van die huis van Israel.+
Behoort julle nie te weet wat reg is nie?
2 Maar julle haat wat goed is+ en is lief vir wat sleg is.+
Julle trek die velle van my volk af, en die vlees van hulle gebeente.+
3 Julle eet ook die vlees van my volk+en trek hulle velle af.
Julle breek hulle bene en slaan dit stukkend,+soos vleis wat in ’n pot gekook gaan word.
4 Dan sal hulle tot Jehovah om hulp roep,maar hy sal hulle nie antwoord nie.
Hy sal in daardie tyd sy gesig van hulle af wegdraai+as gevolg van hulle goddelose dade.+
5 Dít is wat Jehovah sê teen die profete wat my volk mislei,+wat vrede verkondig+ terwyl hulle iets het om te kou,*+maar oorlog verklaar teen die een wat niks in hulle monde sit nie:
6 ‘Daar sal vir julle nag wees.+ Daar sal geen visioene wees nie.+
Daar sal net duisternis vir julle wees, geen waarsêery nie.
Die son sal vir die profete ondergaan,en die dag sal vir hulle donker word.+
7 Die sieners sal verneder word,+en die waarsêers sal teleurgesteld wees.
Hulle almal sal hulle gesigte in skaamte moet bedek,*want daar kom geen antwoord van God af nie.’”
8 Maar ek is deur die gees van Jehovah gevul met kragen met geregtigheid en magom aan Jakob sy opstandige dade bekend te maak, en aan Israel sy sonde.
9 Luister asseblief hierna, hoofde van die huis van Jakoben leiers van die huis van Israel,+wat geregtigheid haat en wat alles wat reguit is, krom maak,+
10 wat Sion op bloed bou, en Jerusalem op onregverdigheid.+
11 Haar leiers oordeel vir ’n omkoopgeskenk,+haar priesters onderrig teen ’n prys+en haar profete beoefen waarsêery vir geld.*+
En tog beweer hulle dat hulle op Jehovah vertrou, en sê:
“Is Jehovah nie met ons nie?+
Geen rampspoed sal oor ons kom nie.”+
12 Daarom sal Sion weens jullesoos ’n landery omgeploeg word,Jerusalem sal verwoes* word+en die Tempelberg sal soos die hoogtes in ’n woud* word.+
Voetnote
^ Of moontlik “terwyl hulle met hulle tande byt”.
^ Of “hulle snorre moet bedek”.
^ Of “silwer”.
^ Of “’n ruïne”.
^ Of “’n beboste heuwel”.