Psalms 11:1-7
Vir die musiekleier. Van Dawid.
11 By Jehovah het ek beskerming gesoek.+
Hoe kan jy dan vir my sê:
“Vlug soos ’n voël na die berg!
2 Kyk hoe die goddeloses die boog span.
Hulle sit hulle pyl teen die boogsnaarom die opregtes van hart vanuit die donker te skiet.
3 Wat kan die regverdige doenwanneer die fondamente* afgebreek word?”
4 Jehovah is in sy heilige tempel.+
Jehovah se troon is in die hemel.+
Sy oë sien, sy oplettende* oë ondersoek die mense.+
5 Jehovah ondersoek die regverdige sowel as die goddelose.+
Hy* haat elkeen wat geweld liefhet.+
6 Hy sal vangnette* op die goddeloses laat reën.
Vuur en swael+ en ’n verskroeiende wind is die deel wat hulle sal ontvang.*
7 Want Jehovah is regverdig,+ en hy is lief vir regverdige dade.+
Die opregtes van hart sal sy goedkeuring geniet.*+
Voetnote
^ Of “die fondamente van geregtigheid”.
^ Of “stralende”.
^ Of “Sy siel; Sy hele wese”.
^ Of moontlik “brandende kole”.
^ Lett. “sal die deel van hulle beker wees”.
^ Lett. “sal sy aangesig sien”.