Psalms 65:1-13
Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid. ’n Lied.
65 U sal in Sion geloof word, o God.+
Ons sal ons geloftes aan u betaal.+
2 O Hoorder van gebed, alle soorte mense* sal na u toe kom.+
3 My oortredings het my oorweldig,+maar u bedek ons oortredings.+
4 Gelukkig is die een wat u kies en laat nader komom in u voorhowe te woon.+
Ons sal versadig word met die goeie dinge van u huis,+u heilige tempel.*+
5 U sal ons met ontsagwekkende dade+ van regverdigheid antwoord,o God van ons redding.
U is die Vertroue van al die eindes van die aarde+en van dié wat ver oor die see is.
6 U* het die berge stewig gevestig met u krag.
U* is geklee met mag.+
7 U* kalmeer die onstuimige seë,+die gedruis van hulle golwe en die oproerigheid van die nasies.+
8 U dade* vervul die inwoners van afgeleë plekke met ontsag.+
Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan, laat u mense van vreugde uitroep.
9 U sorg vir die aarde,en u maak dit baie vrugbaar en ryk.*+
Die stroom wat van God kom, is vol water.
U voorsien graan vir hulle,+want dit is hoe u die aarde voorberei het.
10 U maak sy vore vol water, en sy geploegde grond gelyk.
U maak dit sag met reënbuie. U seën sy opbrengs.+
11 U kroon die jaar met u goedheid.
U spore drup van oorvloed.*+
12 Die weivelde van die wildernis bly oorloop,+en die heuwels is geklee met vreugde.+
13 Die weivelde is vol kuddes,en die valleie is bedek met graan.+
Hulle roep van vreugde uit, ja, hulle sing.+
Voetnote
^ Lett. “alle vlees”.
^ Of “heiligdom”.
^ Lett. “Hy”.
^ Lett. “Hy”.
^ Lett. “Hy”.
^ Lett. “tekens”.
^ Lett. “laat dit oorloop en verryk dit grootliks”.
^ Lett. “vettigheid”.