Rigters 16:1-31

  • Simson in Gasa (1-3)

  • Simson en Delila (4-22)

  • Simson neem wraak en sterf (23-31)

16  Eenkeer het Simson na Gasa gegaan. Daar het hy ’n prostituut gesien en by haar huis ingegaan.  Die Gasiete het gehoor dat Simson daar is. Toe het hulle hom omsingel en hom die hele nag lank in die stadspoort ingewag. Hulle het die hele nag doodstil gebly en gedink: ‘Wanneer dit lig word, sal ons hom doodmaak.’  Simson het egter tot middernag daar bly lê. Toe het hy opgestaan en die deure van die stadspoort en die twee syposte gegryp en dit saam met die grendel uitgeruk. Hy het dit op sy skouers gesit en dit opgedra na die top van die berg oorkant Heʹbron.  Later het hy verlief geraak op ’n vrou in die Sorek-vallei,* en haar naam was Deliʹla.+  Toe het die leiers van die Filistyne na haar toe gekom en vir haar gesê: “Oorreed* hom+ om vir jou te sê wat hom so sterk maak en hoe ons hom kan oorweldig en vasbind. As jy dit doen, sal elkeen van ons vir jou 1 100 silwerstukke gee.”  Deliʹla het later vir Simson gesê: “Sê asseblief vir my wat jou so sterk maak en wat gebruik kan word om jou vas te bind en die oorhand oor jou te kry.”  Simson het vir haar gesê: “As hulle my vasbind met sewe vars boogsnare* wat nog nie uitgedroog het nie, sal ek so swak soos ’n gewone mens word.”  Toe het die leiers van die Filistyne vir haar sewe vars boogsnare gebring wat nog nie uitgedroog het nie, en sy het hom daarmee vasgebind.  Manne het in die binnekamer weggekruip, en sy het uitgeroep: “Die Filistyne is hier, Simson!” Toe het hy die boogsnare gebreek, net so maklik soos ’n vlasdraad in twee breek wanneer dit aan ’n vuur raak.+ Die geheim van sy krag het nie bekend geword nie. 10  Toe het Deliʹla vir Simson gesê: “Kyk! Jy het my vir die gek gehou en vir my gelieg. Sê nou asseblief vir my wat gebruik kan word om jou vas te bind.” 11  Toe het hy vir haar gesê: “As hulle my vasbind met nuwe toue waarmee geen werk gedoen is nie, sal ek so swak soos ’n gewone mens word.” 12  Toe het Deliʹla nuwe toue geneem en hom daarmee vasgebind en uitgeroep: “Die Filistyne is hier, Simson!” (Die manne het die hele tyd in die binnekamer weggekruip.) Toe het hy die toue soos garing van sy arms afgebreek.+ 13  Daarna het Deliʹla vir Simson gesê: “Jy het my tot nou toe vir die gek gehou en vir my gelieg.+ Sê vir my wat gebruik kan word om jou vas te bind.” Toe het hy vir haar gesê: “Jy moet my sewe haarvlegsels met die lengtedraad saamweef.” 14  Sy het toe sy vlegsels met ’n pen vasgedruk en uitgeroep: “Die Filistyne is hier, Simson!” Hy het wakker geword en die weefpen en die lengtedraad uitgeruk. 15  Toe het sy vir hom gesê: “Hoe kan jy sê: ‘Ek is lief vir jou,’+ terwyl jou hart nie met my is nie? Jy het my nou al drie keer vir die gek gehou en nie vir my gesê hoekom jy so sterk is nie.”+ 16  Omdat sy dag ná dag by hom bly kerm het en druk op hom geplaas het, het hy later gevoel hy wil doodgaan.+ 17  Uiteindelik het hy haar alles vertel en gesê: “’n Skeermes het nog nooit aan my kop geraak nie, want ek is van geboorte af* ’n Nasireʹër van God.+ As my hare geskeer sou word, sal my krag my verlaat, en ek sal swak word en soos alle ander mense word.” 18  Toe Deliʹla sien dat hy haar alles vertel het, het sy die Filistynse leiers onmiddellik laat roep+ en gesê: “Kom hierdie keer op, want hy het vir my alles vertel.” Daarom het die Filistynse leiers na haar toe gekom en die geld saamgebring. 19  Sy het hom op haar knieë aan die slaap laat raak. Toe het sy die man geroep en hom die sewe vlegsels van sy kop laat afskeer. Daarna het sy die oorhand oor hom begin kry, want sy krag het hom begin verlaat. 20  Toe het sy uitgeroep: “Die Filistyne is hier, Simson!” Hy het wakker geword en gesê: “Ek sal soos die ander kere uitgaan+ en my losskud.” Maar hy het nie geweet dat Jehovah hom verlaat het nie. 21  Toe het die Filistyne hom gegryp en sy oë uitgesteek. Hulle het hom na Gasa gebring en hom met twee koperboeie vasgebind. Hulle het hom ’n graanmaler in die tronk gemaak. 22  Maar nadat hy geskeer is, het die hare van sy kop weer begin groei.+ 23  Die Filistynse leiers het bymekaargekom om ’n groot offerande aan hulle god Dagon+ te offer en om fees te vier, want hulle het gesê: “Ons god het ons vyand Simson in ons hand gegee!” 24  Toe die volk hom sien, het hulle hulle god geloof en gesê: “Ons god het ons vyand, die een wat ons land verwoes het+ en so baie van ons doodgemaak het,+ in ons hand gegee.” 25  Omdat hulle in ’n vrolike bui was, het hulle gesê: “Gaan haal Simson sodat hy ons kan vermaak.” Toe het hulle Simson uit die tronk gaan haal om hulle te vermaak, en hulle het hom tussen die pilare laat staan. 26  Toe het Simson vir die seun wat sy hand vasgehou het, gesê: “Laat my die pilare voel wat die huis ondersteun, sodat ek daarteen kan leun.” 27  (Die huis was vol mans en vrouens. Al die Filistynse leiers was daar, en op die dak was daar ongeveer 3 000 mans en vrouens wat toegekyk het terwyl Simson vermaak verskaf het.) 28  Simson+ het toe tot Jehovah geroep en gesê: “Soewereine Heer Jehovah, dink asseblief aan my en versterk my+ asseblief net hierdie een keer, o God, en laat my op die Filistyne wraak neem vir een van my twee oë.”+ 29  Toe het Simson geleun teen die twee middelste pilare wat die huis ondersteun het, met sy regterhand op die een pilaar en sy linkerhand op die ander pilaar. 30  Simson het uitgeroep: “Laat my saam met die Filistyne sterf!” Toe het hy met al sy krag gestoot, en die huis het op die leiers en al die mense daarin geval.+ By sy dood het hy dus meer mense doodgemaak as wat hy gedurende sy lewe doodgemaak het.+ 31  Later het sy broers en sy pa se hele familie gekom om sy lyk terug te neem. Hulle het hom teruggebring en hom tussen Sora+ en Estaʹol in die graf van sy pa, Manoʹag,+ begrawe. Hy het 20 jaar lank as rigter oor Israel gedien.+

Voetnote

Of “wadi Sorek”. Sien Woordelys.
Of “Mislei”.
Of “senings”.
Lett. “van my ma se baarmoeder af”.