Sefanja 1:1-18

  • Jehovah se oordeelsdag is naby (1-18)

    • Jehovah se dag kom vinnig nader (14)

    • Silwer en goud kan nie red nie (18)

1  Dít is die woord van Jehovah aan Sefanʹja,* die seun van Kusi, die seun van Gedalʹja, die seun van Amarʹja, die seun van Hiskiʹa, in die dae van Josiʹa,+ die seun van Amon,+ die koning van Juda:   “Ek sal alles wat op die oppervlak van die aarde is, heeltemal wegvee,” sê Jehovah.+   “Ek sal mense en diere wegvee. Ek sal die voëls van die hemel en die visse van die see+en die struikelblokke*+ saam met die goddeloses wegvee. Ek sal die mensdom van die oppervlak van die aarde af verwyder,” sê Jehovah.   “Ek sal my hand teen Judaen teen al die inwoners van Jerusalem uitsteek. Ek sal elke spoor van Baäl uit hierdie plek uitroei,+die naam van die priesters van vreemde gode asook die ander priesters,+   en dié wat op die dakke neerbuig voor die leërmag van die hemel,+en dié wat neerbuig en sweer dat hulle lojaal sal bly aan Jehovah+terwyl hulle ook sweer dat hulle lojaal sal bly aan Malkam,+   en dié wat ophou om Jehovah te volg+en wat Jehovah nie soek of hom raadpleeg nie.”+   Wees stil voor die Soewereine Heer Jehovah, want die dag van Jehovah is naby.+ Jehovah het ’n offerande voorberei. Hy het dié wat hy genooi het, geheilig.   “Op die dag van Jehovah se offerande sal ek die leiers straf,asook die seuns van die koning+ en almal wat uitlandse klere dra.   Ek sal almal straf wat op daardie dag op die platform* klim,sowel as dié wat hulle meester se huis met geweld en bedrog vul. 10  Op daardie dag,” sê Jehovah,“sal daar die geluid wees van ’n geskree van die Vispoort+ af,en ’n gehuil van die tweede stadsdeel+ af,en ’n groot geraas van die heuwels af. 11  Huil, julle inwoners van Maktes,*want al die handelaars is doodgemaak.* Almal wat silwer afweeg, is vernietig. 12  In daardie tyd sal ek Jerusalem deeglik deursoek met lampe,en ek sal die mense straf wat in hulle selftevredenheid lewe,* wat in hulle hart sê: ‘Jehovah sal nie goed doen nie, en hy sal nie sleg doen nie.’+ 13  Hulle rykdom sal van hulle af weggeneem word, en hulle huise sal verwoes word.+ Hulle sal huise bou, maar hulle sal nie daarin woon nie,en hulle sal wingerde plant, maar hulle sal nie die wyn daarvan drink nie.+ 14  Die groot dag van Jehovah is naby!+ Dit is naby en kom baie vinnig nader!+ Die geluid van die dag van Jehovah is bitter.+ Daar roep ’n vegter hard uit.+ 15  Daardie dag is ’n dag van woede,+’n dag van nood en angs,+’n dag van storms en verwoesting,’n dag van duisternis en hartseer,+’n dag van wolke en dik donkerheid,+ 16  ’n dag van die horing en van die oorlogskreet,+teen die versterkte stede en teen die hoë hoektorings.+ 17  Ek sal die mensdom laat ly,en hulle sal soos blindes rondloop,+want hulle het teen Jehovah gesondig.+ Hulle bloed sal soos stof uitgegooi word,en hulle vlees* soos mis.+ 18  Nie hulle silwer of hulle goud sal hulle in die dag van Jehovah se woede kan red nie,+want deur die vuur van sy ywer sal die hele aarde verteer word.+ Dit sal ’n verskriklike dag wees, want hy sal al die inwoners van die aarde vernietig.”+

Voetnote

Beteken “Jehovah het verberg (weggebêre)”.
Blykbaar voorwerpe of bedrywighede wat met afgodediens verband hou.
Of “podium; drumpel”. Moontlik die platform van die koning se troon.
Lett. “stilgemaak”.
Blykbaar ’n deel van Jerusalem naby die Vispoort.
Lett. “wat op hulle afsaksel stol”, soos in ’n wynvat.
Lett. “ingewande”.