“Die werklike lewe”
Laai af:
1. Ek kyk om my rond – als het waar geword, maar dit voel nog soos ’n droom.
Daar’s net mooi om my, geen vrees of angs of pyn.
Ek’s so bly dat ons hier woon!
Als is so pragtig, so perfek – kom saam en sien.
Dis als presies soos ons wou hê en ons is hier!
(BRUG)
Maar tot dan, sal ons wag vir die dag wanneer ons
(REFREIN)
spring van vreugde, sing uit blydskap as God weer als nuut maak.
Kan jy dink as hy sy hand oopmaak en elke wens word waar.
Sien jouself daar!
2. Sien jy vir ons? Ons hande in die grond – almal plant en oes en bou.
Hoor jy daai klank? Mense sing en speel en lag – daar’s net blydskap al om jou.
Hy’t al jou trane afgevee en jy’s so dankbaar!
Jy voel dat jy nou ‘werklik leef’, want jy’s daar, jy’s daar wanneer ons
(REFREIN)
spring van vreugde, sing uit blydskap as God weer als nuut maak.
Kan jy dink as hy sy hand oopmaak en elke wens word waar.
Sien jouself daar!
(OORGANG)
Maar tot dan hou ek my hoop hier in my hart en ek wag.
Dis naby! Ja, dis nou amper als verby, amper tyd dat ons saam
(REFREIN)
spring van vreugde, sing uit blydskap as God weer als nuut maak.
Kan jy dink as hy sy hand oopmaak en elke wens word waar.
(REFREIN)
Ons gaan spring van vreugde, sing uit blydskap as God weer als nuut maak.
Kan jy dink as hy sy hand oopmaak en elke wens word waar.
Sien jouself daar!
(SLOT)
Als word waar, als word waar –
sien jouself daar.
Als word waar, als word waar –
sien jouself daar.
Als word waar, als word waar –
sien jouself daar.
Als word waar, als word waar –
jy’s amper daar!