Lewe in vrede met almal
Laai af:
1. As ek werk toe ry sien ek al om my mense’s vies en kort van draad,
want elke mens het maar pyn en stres, wat dinge moeilik maak.
So as iets gebeur wat my irriteer, bid ek in my hart tot God.
En ek weet hy hoor, want hy sorg daarvoor dat sy vrede oor my kom.
(REFREIN)
‘Ons wil nou met almal in vrede leef, want God sal dan met ons wees.’
En as ons dit nou kan doen, dink hoe dit gaan voel om vir ewig in vrede te leef!
2. Dan’s ek by die werk en als lyk reg, maar daar raak my baas ontsteld.
Dis swaar vir my om stil te bly, maar daar’s verse wat my help.
Want die Bybel sê ‘ek moet dieper kyk’ – dink aan als wat hy dalk voel.
Of sien ek iets raak wat hom so knorrig maak, en kan ek iets vir hom doen?
(REFREIN)
‘Ons wil nou met almal in vrede leef, want God sal dan met ons wees.’
En as ons dit nou kan doen, dink hoe dit gaan voel om vir ewig in vrede te leef!
(OORGANG)
Al is dit maar soms ’n stryd,
kan jy rustig en kalm bly.
Want Jehovah sê: ‘Ek’s daar vir jou
en ek sal jou hart kalm hou.’
3. Dan’s die naweek hier en ons preek en sien iemand storm uit sy huis,
want hy’t ’n leuen gehoor en hy’s kwaad daaroor, en ons sien hy wil net stry.
So ons draai dan om, om daar weg te kom ‘voor ’n stryery begin’.
Ons weet ons sal weer by ’n ander deur dalk ’n “vriend van vrede” vind.
(REFREIN)
‘Ons wil nou met almal in vrede leef, want God sal dan met ons wees.’
En as ons dit nou kan doen, dink hoe dit gaan voel om vir ewig in vrede te leef!
(REFREIN)
‘Ons wil nou met almal in vrede leef, want God sal dan met ons wees.’
En as ons dit nou kan doen, dink hoe ons gaan voel – daar gaan net vrede al om ons wees!