Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Hy ken ons

Hy ken ons

Laai af:

  1. 1. Jy’s in die dieptes van die aarde geweef,

    en net ons God het toe van jou geweet.

    Hy’t elke deel van jou geken

    en diep tot in jou hart gesien.

    Dink net wat dit oor hom sê:

    (REFREIN)

    Hy ken jou, hy ken my –

    wat ons voel en ons pyn.

    Hy weet as ons ons beste doen,

    as ons bly is of hartseer voel.

    Hy ken jou, hy ken my –

    wat ons smeek as ons ly.

    As woorde nie wil kom nie, weet: jy’s nie alleen.

    Hy weet.

  2. 2. Daai sterk liefde van ’n pa vir sy kind –

    dit is hoe lief God vir jou is.

    Hy sien in ons wat mooi is en weet

    wie ons in die Paradys kan wees.

    So onthou hy gee om.

    (REFREIN)

    Hy ken jou, hy ken my –

    wat ons voel en ons pyn.

    Hy weet as ons ons beste doen,

    as ons bly is of hartseer voel.

    Hy ken jou, hy ken my –

    wat ons smeek as ons ly.

    As woorde nie wil kom nie, weet: jy’s nie alleen.

    Hy weet.

    (OORGANG)

    So ons moet vertrou op God en altyd onthou hy’s lief vir ons en bid – en bid.

    Sê vir hom jy is bang en sien dan hoe hy by jou staan.

    Deur elke stryd en vrees weet dat ons oukei sal wees.

    (REFREIN)

    Hy ken jou, hy ken my –

    wat ons voel en ons pyn.

    Hy weet as ons ons beste doen,

    as ons bly is of hartseer voel.

    Hy ken jou, hy ken my –

    wat ons smeek as ons ly.

    As woorde nie wil kom nie, weet: jy’s nie alleen.

    (REFREIN)

    Ja, hy ken jou, hy ken my –

    wat ons voel en ons pyn.

    Hy weet as ons ons beste doen,

    as ons bly is of hartseer voel.

    Hy ken jou, hy ken my –

    wat ons smeek as ons ly.

    As woorde nie wil kom nie, weet: jy’s nie alleen.

    Hy weet.