LIED 25
’n Spesiale besitting
-
1. God het ’n nuwe skepping,
wat hy uit die mensdom koop.
God se kinders is hulle,
met ’n hemelse hoop.
(REFREIN)
’n Volk vir u naam en
’n besitting spesiaal.
Hul loof u en eer u;
uit liefde bly hul aan u lojaal.
-
2. Heilig is hierdie nasie;
die waarheid hanteer hul reg.
Hul geniet lig van God af
en bewandel sy weg.
(REFREIN)
’n Volk vir u naam en
’n besitting spesiaal.
Hul loof u en eer u;
uit liefde bly hul aan u lojaal.
-
3. Hul moet die ander skape
na Christus hul Herder lei.
Ja, getrou en gehoorsaam
aan die Lam sal hul bly.
(REFREIN)
’n Volk vir u naam en
’n besitting spesiaal.
Hul loof u en eer u;
uit liefde bly hul aan u lojaal.
(Sien ook Jes. 43:20b, 21; Mal. 3:17; Kol. 1:13.)