Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Lied 150

Ons doen ons bes

Ons doen ons bes

Laai af:

(Matteus 9:37, 38)

  1. Jehovah weet wat vreugde gee,

    Hoe ons ons tyd goed kan bestee.

    Hy gee ons nou die beste werk,

    En hy sal ons daarvoor versterk.

    (REFREIN)

    Ons werk hard, doen ons bes,

    vir Jehovah God.

    Ons sal heelhartig dien, hulp voorsien,

    dit gee ons genot.

  2. Daar’s baie werk in elke land,

    En elkeen bring getrou sy kant.

    As ons kan dien, dan is ons daar,

    Want ons gee om, ons help mekaar.

    (REFREIN)

    Ons werk hard, doen ons bes,

    vir Jehovah God.

    Ons sal heelhartig dien, hulp voorsien,

    dit gee ons genot.

  3. Ook waar ons woon, dien ons getrou.

    Ons leer ’n taal, ons preek, ons bou.

    Die goeie nuus wil ons versprei,

    Want mense moet die boodskap kry.

    (REFREIN)

    Ons werk hard, doen ons bes,

    vir Jehovah God.

    Ons sal heelhartig dien, hulp voorsien,

    dit gee ons genot.