Hou aan soos Noag
Laai af:
1. Noag en sy familie het Jehovah bly gemaak,
want hulle het geluister en gedoen wat Jehovah vra.
Hulle’t almal hard gewerk om saam die ark te bou.
En hulle’t aanhou preek, want hulle was aan God getrou.
(REFREIN)
Ek wil gehoorsaam wees soos Noag,
getrou bly aan Jehovah
en tot die einde preek.
As ek luister na Jehovah,
kan ek, net soos Noag,
God se vriend wees.
2. Mense’t soms gespot as Noag oor die vloed preek,
want daardie wêreld was soos nou – gevaarlik, sleg en wreed.
Na ’n dag se harde werk was hulle almal moeg,
maar dit het hul bly gemaak om God se werk te doen.
(REFREIN)
Ek wil gehoorsaam wees soos Noag,
getrou bly aan Jehovah
en tot die einde preek.
As ek luister na Jehovah,
kan ek, net soos Noag,
God se vriend wees.