Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wysheid roep uit—Kan jy dit hoor?

Wysheid roep uit—Kan jy dit hoor?

“Hou die wysheid nie aan om uit te roep en laat die onderskeidingsvermoë nie voortdurend sy stem hoor nie? Op die top van die hoogtes, langs die pad, by die kruising van die paaie het dit gaan staan. . . . Waar mense die ingange binnegaan, bly dit hard uitroep.”SPREUKE 8:1-3.

WYSHEID is van onskatbare waarde. Daarsonder sal ons die een dwase fout na die ander maak. Maar waar kan ware wysheid gevind word? Die skrywer van die boek Spreuke het die ongeëwenaarde wysheid van ons Skepper in gedagte gehad. En Sy wysheid is vir feitlik die hele mensdom beskikbaar in ’n baie spesiale boek, die Bybel. Dink aan die volgende:

  • Die Bybel is “die wyds verspreide boek in die geskiedenis”, sê The World Book Encyclopedia. “Dit is al meer kere en in meer tale as enige ander boek vertaal.” Die Bybel is nou in sy geheel of gedeeltelik in byna 2 600 tale beskikbaar, wat beteken dat meer as 90 persent van die mensdom dit kan lees.

  • Wysheid bly ook “hard uitroep” in ’n letterliker sin. In Matteus 24:14 lees ons: “Hierdie goeie nuus van die koninkryk sal in die hele bewoonde aarde verkondig word as ’n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde [van die teenswoordige wêreld] kom.”

Hierdie “goeie nuus” is ware wysheid, want dit dui op God se wyse oplossing vir die mensdom se probleme—Sy Koninkryk. Hierdie Koninkryk is God se regering wat oor die hele aarde sal heers—een wêreld, een regering (Daniël 2:44; 7:13, 14). Daarom het Jesus Christus gebid: “Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde.”Matteus 6:9, 10.

Jehovah se Getuies beskou dit as ’n voorreg om God se Koninkryk in 239 lande te verkondig! Ja, wysheid—goddelike wysheid—‘roep uit’, selfs “waar mense die ingange binnegaan”. Kan jy dit hoor?