Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

’N WÊRELD VOL PROBLEME

1 | Beskerm jou gesondheid

1 | Beskerm jou gesondheid

HOEKOM DIT SAAK MAAK

’n Krisis of ’n ramp kan op verskillende maniere ’n negatiewe uitwerking op mense se gesondheid hê.

  • Wanneer daar probleme is, kan dit stres veroorsaak. Mense wat oor ’n lang tydperk onder stres is, word dikwels siek.

  • In tye van krisis kan daar baie druk op hospitale, mediese sentrums en voorraad geplaas word.

  • Wanneer mense deur moeilike tye gaan, raak dit hulle finansiële situasie, en sukkel hulle dan om vir die dinge te betaal wat hulle regtig nodig het, soos kos en medisyne.

Wat jy moet weet

  • Ernstige siekte en emosionele stres kan veroorsaak dat jy slegte besluite maak. Dit kan keer dat jy dinge doen wat goed is vir jou gesondheid. As gevolg hiervan kan jy selfs sieker word.

  • Gesondheidsprobleme wat nie behandel word nie, kan erger word en selfs jou lewe in gevaar stel.

  • As jy gesond bly, sal jy beter voorbereid wees om goeie besluite te maak wanneer jy deur moeilike tye gaan.

  • Jy kan iets doen om jou gesondheid te beskerm, maak nie saak wat jou situasie is nie.

Wat jy nou kan doen

Wanneer dit ook al moontlik is, oorweeg ’n wyse persoon die moontlike gevare en doen hy of sy iets om dit te vermy. Dit kan ook van toepassing wees op jou gesondheid. As jy jouself en jou huis skoon hou, kan jy dikwels die gevaar van siekte verminder of keer dat jy baie siek word. Voorkoming is beter as genesing.

“Omdat ons onsself en ons huis skoon hou, spandeer ons definitief minder geld aan doktersbesoeke en medikasie.” – Andreas. a

a Van die name in hierdie tydskrif is verander.