“Hou julle verstande gerig op die dinge daar bo”
“Hou julle verstande gerig op die dinge daar bo, nie op die dinge op die aarde nie.”—KOL. 3:2.
1, 2. (a) Wat toon dat die eerste-eeuse gemeente in Kolosse in gevaar verkeer het? (b) Watter raad is voorsien om die broers in Kolosse te help om standvastig te bly?
DIE eerste-eeuse Christengemeente in Kolosse het in groot gevaar verkeer! Party in die gemeente het verdeeldheid veroorsaak deur gehoorsaamheid aan die Mosaïese Wet te bevorder. Ander het die heidense filosofie van asketisme voorgestaan, wat uiterste selfverloëning behels het. Die apostel Paulus het hierdie valse leringe teëgewerk deur ’n aanmoedigende brief te skryf waarin hy die Kolossense gewaarsku het: “Pas op: miskien is daar iemand wat julle as sy prooi sal wegvoer deur die filosofie en leë bedrog volgens die oorlewering van mense, volgens die elementêre dinge van die wêreld en nie volgens Christus nie.”—Kol. 2:8.
2 As daardie gesalfde Christene hulle aandag op “die elementêre dinge van die wêreld” toegespits het, sou hulle hulle rug gekeer het op Jehovah se voorsiening vir redding (Kol. 2:20-23). Paulus het hulle vermaan om hulle kosbare verhouding met God te bewaar deur te sê: “Hou julle verstande gerig op die dinge daar bo, nie op die dinge op die aarde nie” (Kol. 3:2). Ja, Christus se broers moes hulle hoop voor oë hou om die onverderflike erfenis te ontvang “wat vir [hulle] in die hemele weggelê is”.—Kol. 1:4, 5.
3. (a) Watter hoop hou gesalfde Christene in gedagte? (b) Watter vrae sal ons in hierdie artikel bespreek?
3 Vandag hou gesalfde Christene ook hulle verstande gerig op God se hemelse Koninkryk en op die hoop dat hulle “mede-erfgename met Christus” sal wees (Rom. 8:14-17). Maar wat van diegene met ’n aardse hoop? Hoe is Paulus se woorde op hulle van toepassing? Op watter manier kan die “ander skape” “die dinge daar bo” in gedagte hou? (Joh. 10:16). En hoe kan ons almal baat vind by die voorbeelde van getroue manne van ouds soos Abraham en Moses, wat ten spyte van persoonlike ontberinge hulle verstande gerig gehou het op die dinge daar bo?
WAT DIT BETEKEN OM ONS VERSTANDE GERIG TE HOU OP DIE DINGE DAAR BO
4. Hoe kan die ander skape hulle verstande gerig hou op die dinge daar bo?
4 Hoewel die ander skape nie ’n hemelse hoop het nie, kan hulle ook hulle verstande gerig hou op die dinge daar bo. Hoe? Deur Jehovah God en Koninkryksbelange eerste in hulle lewe te stel (Luk. 10:25-27). Om dit te doen, moet ons Christus se voorbeeld volg (1 Pet. 2:21). Net soos ons eerste-eeuse broers, kom ons in Satan se stelsel van dinge te staan voor valse redenasies, wêreldse filosofieë en materialistiese gesindhede. (Lees 2 Korintiërs 10:5.) As navolgers van Jesus moet ons waaksaam wees om ons geestelikheid teen sulke aanvalle te beskerm.
5. Watter vrae kan ons ons afvra in verband met ons denke oor materiële strewes?
5 Het die wêreld se beskouing van materiële strewes inbreuk gemaak op ons lewe? Die dinge waarvoor ons lief is, word gewoonlik deur ons gedagtes en gedrag geopenbaar. Jesus het gesê: “Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees” (Matt. 6:21). Dit sal goed wees as ons van tyd tot tyd selfondersoek doen om vas te stel waarheen ons hart ons lei. Vra jou af: ‘Hoeveel tyd bestee ek daaraan om oor geldsake te dink? Neem bekommernisse oor handelsvooruitsigte, beleggings of die nastrewing van ’n gemakliker lewe groot hoeveelhede van my tyd in beslag? Of streef ek daarna om my oog gevestig te hou op geestelike sake?’ (Matt. 6:22). Jesus het aangedui dat diegene wat hoofsaaklik op “skatte op die aarde” fokus, hulle in ernstige geestelike gevaar stel.—Matt. 6:19, 20, 24.
6. Hoe kan ons die stryd teen vleeslike neigings wen?
6 Weens ons onvolmaaktheid is ons geneig om ons aan vleeslike begeertes oor te gee. (Lees Romeine 7:21-25.) As God se heilige gees nie in ons lewe werksaam is nie, kan ons swig voor “die werke wat tot die duisternis behoort”. Dit kan dade soos “swelgerye [“wilde partytjies”, NW] en dronkenskap . . . , ongeoorloofde gemeenskap en losbandige gedrag” insluit (Rom. 13:12, 13). Om die stryd te wen teen “die dinge op die aarde”—dinge wat vir ons vlees aantreklik is—moet ons ons verstande gerig hou op die dinge daar bo. Dit verg inspanning. Daarom het die apostel Paulus gesê: “Ek kasty my liggaam en lei dit as ’n slaaf” (1 Kor. 9:27). Ons moet ons beslis inspan as ons in die wedloop om die lewe wil bly! Kom ons kyk wat twee getroue manne van ouds gedoen het “om vir [God] welbehaaglik te wees”.—Heb. 11:6.
ABRAHAM “HET GELOOF IN JEHOVAH GESTEL”
7, 8. (a) Voor watter probleme het Abraham en Sara te staan gekom? (b) Waarop het Abraham gefokus?
7 Toe Jehovah vir Abraham gesê het Gen. 12:2). Maar jare later het Abraham en sy vrou, Sara, nog steeds nie kinders gehad nie. Dalk het dit gelyk asof Jehovah sy belofte aan Abraham vergeet het. Wat meer is, die lewe in Kanaän was nie maklik nie. Abraham en sy huisgesin het hulle tuiste en familielede in Ur, ’n welvarende stad in Mesopotamië, agtergelaat. Hulle het meer as 1 600 kilometer gereis om Kanaän te bereik, waar hulle in tente gewoon het en met hongersnood en rowerbendes te kampe gehad het (Gen. 12:5, 10; 13:18; 14:10-16). Tog het hulle geen begeerte gehad om na die geriewe in Ur terug te keer nie!—Lees Hebreërs 11:8-12, 15.
om met sy huisgesin na die land Kanaän te trek, het hy dit gewillig gedoen. As gevolg van Abraham se geloof en gehoorsaamheid het Jehovah ’n verbond met hom gesluit en gesê: “Ek sal jou ’n groot nasie maak en ek sal jou seën” (8 Eerder as om te fokus op “die dinge op die aarde”, het Abraham “geloof in Jehovah gestel” (Gen. 15:6). Ja, hy het sy verstand gerig gehou op die dinge daar bo deur op God se beloftes te konsentreer. Gevolglik is Abraham vir sy geloof beloon toe die Allerhoogste God aan hom verskyn het en gesê het: “‘Kyk asseblief op na die hemel en tel die sterre, as jy hulle enigsins kan tel.’ En hy het verder vir hom gesê: ‘So sal jou saad word’” (Gen. 15:5). Hoe gerusstellend moes dit tog gewees het! Elke keer wanneer Abraham na die sterrehemel opgekyk het, sou hy herinner word aan Jehovah se belofte om sy saad, of nageslag, te vermeerder. En op God se bestemde tyd het Abraham ’n erfgenaam voortgebring, net soos God belowe het.—Gen. 21:1, 2.
9. Hoe kan Abraham se voorbeeld ons aanspoor om besig te bly in God se diens?
9 Soos Abraham, wag ons ook op die vervulling van God se beloftes (2 Pet. 3:13). As ons nie ons gedagtes gerig hou op die dinge daar bo nie, kan dit vir ons lyk asof die vervulling van hierdie beloftes uitgestel is en kan ons traag word in ons geestelike bedrywighede. Het jy byvoorbeeld opofferings in die verlede gemaak sodat jy kon pionier of jou diens op ’n ander manier kon uitbrei? Indien wel, is dit prysenswaardig. Maar wat van nou? Onthou, Abraham het “die stad wat ware fondamente het”, in gedagte gehou (Heb. 11:10). Hy “het geloof in Jehovah beoefen, en dit is hom as regverdigheid toegereken”.—Rom. 4:3.
MOSES HET “DIE ONSIGBARE” GESIEN
10. Watter soort lewe het Moses gehad toe hy ’n jong man was?
10 Nog ’n man wat sy verstand gerig gehou het op die dinge daar bo, was Moses. As ’n jong man is hy “in al die wysheid van die Egiptenaars onderrig”. Dit was nie gewone onderrigting nie, want Egipte was die oorheersende moondheid van daardie dag. Wat meer is, Moses was deel van Farao se huisgesin. Dit is dus geen wonder dat hierdie gevorderde opleiding Moses “kragtig in sy woorde en dade” gemaak het nie (Hand. 7:22). Stel jou die moontlikhede voor wat dit aan hom beskikbaar gestel het! Tog het Moses sy verstand gerig gehou op verhewe sake—om God se wil te doen.
11, 12. Watter opvoeding het Moses hoog op prys gestel, en hoe weet ons dit?
11 Vroeg in sy lewe het Moses se eie moeder, Jogebed, hom sekerlik omtrent die God van die Hebreërs geleer. Vir Moses was die kennis van Jehovah waardevoller as enige ander rykdom. Daarom het hy die voorregte en geleenthede prysgegee wat hy moontlik sou geniet het omdat hy in die huis van Farao gewoon het. (Lees Hebreërs 11:24-27.) Moses se geestelike opvoeding en sy geloof in Jehovah het hom beslis beweeg om sy verstand gerig te hou op die dinge daar bo.
12 Moses het die beste sekulêre opvoeding ontvang wat in sy dag beskikbaar was, maar het hy dit gebruik om vooruitgang te maak in sy loopbaan in Egipte, ’n naam vir homself te maak of materiële besittings te verkry? Nee. As hy dit gedoen het, sou hy nie ‘geweier het om die seun van Farao se dogter genoem te word nie en sou hy die tydelike genieting van sonde verkies het eerder as om saam met die volk van God sleg behandel te word’. Dit is duidelik dat Moses sy geestelike opvoeding gebruik het om Jehovah se voorneme te bevorder.
13, 14. (a) Wat het Moses gehelp om te kwalifiseer vir die toewysing wat Jehovah hom sou gee? (b) Soos Moses, wat moet ons dalk doen?
13 Moses het intens belanggestel in Jehovah en Sy volk. Op 40-jarige ouderdom het Moses gedink dat hy gereed was om God se volk uit slawerny in Egipte te help bevry (Hand. 7:23-25). Maar voordat Jehovah Moses daardie toewysing gegee het, het hy nog iets nodig gehad. Hy moes eienskappe soos nederigheid, geduld, sagmoedigheid en selfbeheersing aankweek (Spr. 15:33). Moses het opleiding nodig gehad wat hom sou voorberei om die beproewinge en ontberinge wat voorlê, te verduur. ’n Paar dekades as ’n herder sou die opleiding voorsien wat hy nodig gehad het om hierdie godvrugtige eienskappe aan te kweek.
14 Het Moses geleer uit die praktiese opleiding wat hy as ’n herder ontvang het? Hy het beslis! God se Woord sê dat Moses “verreweg die sagmoedigste van al die mense . . . op die oppervlak van die aarde” geword het (Num. 12:3). Hy het nederigheid aangekweek, wat hom gehelp het om geduldig te wees wanneer hy met verskeie mense en hulle moeilike probleme te doen gehad het (Eks. 18:26). Net so moet ons dalk geestelike eienskappe aankweek wat ons sal help om deur “die groot verdrukking” te gaan in God se regverdige nuwe wêreld in (Op. 7:14). Kom ons oor die weg met mense, insluitende dié wat na ons mening buierig of fyngevoelig is? Dit sal goed wees as ons luister na die apostel Petrus, wat sy medegelowiges aangespoor het: “Eer alle soorte mense, wees lief vir die hele gemeenskap van broers.”—1 Pet. 2:17.
HOE ONS ONS VERSTANDE GERIG KAN HOU OP DIE DINGE DAAR BO
15, 16. (a) Waarom is dit noodsaaklik om ons verstande gerig te hou op die regte dinge? (b) Waarom is dit vir Christene belangrik om goeie gedrag te handhaaf?
15 Ons lewe in “kritieke tye . . . wat moeilik is om deur te kom” (2 Tim. 3:1). As ons geestelik waaksaam wil bly, moet ons ons verstande gerig hou op die regte dinge (1 Tess. 5:6-9). Kyk hoe ons dit in drie aspekte van ons lewe kan doen.
16 Ons gedrag: Petrus het besef hoe belangrik goeie gedrag is. Hy het gesê: “Handhaaf goeie gedrag onder die nasies, sodat hulle, . . . as gevolg van julle goeie werke waarvan hulle ooggetuies is, God . . . sal verheerlik” (1 Pet. 2:12). Hetsy ons by die huis, by die werk, by die skool of in die bediening is of ontspanning geniet, ons doen ons bes om Jehovah deur ons goeie gedrag te verheerlik. Dit is wel so dat ons as onvolmaakte mense almal foute maak (Rom. 3:23). Maar as ons aanhou om “die goeie stryd van die geloof” te stry, kan ons die stryd teen ons onvolmaakte vlees wen.—1 Tim. 6:12.
17. Hoe kan ons die geestesgesindheid wat Christus Jesus gehad het, navolg? (Sien die prent aan die begin van die artikel.)
17 Ons gesindheid: Goeie gedrag hou ten nouste verband met die regte gesindheid. Die apostel Paulus het gesê: “Bewaar hierdie geestesgesindheid in Fil. 2:5). Watter gesindheid het Jesus gehad? Hy was nederig. Nederigheid het hom beweeg om selfopofferend in sy bediening te wees. Om die goeie nuus van God se Koninkryk aan ander te verkondig, was vir hom van die uiterste belang (Mark. 1:38; 13:10). Jesus het God se Woord as die hoogste gesag beskou (Joh. 7:16; 8:28). Hy het die Heilige Skrif noukeurig bestudeer sodat hy daaruit kon aanhaal en dit kon verdedig en verduidelik. Deur nederig en ywerig in ons bediening en persoonlike Bybelstudie te wees, sal ons meer soos Christus in ons denke wees.
julle wat ook in Christus Jesus was” (18. Op watter belangrike manier kan ons Jehovah se werk ondersteun?
18 Ons ondersteuning: Jehovah se voorneme is dat “in die naam van Jesus elke knie [sal] buig van dié in die hemel en dié op die aarde” (Fil. 2:9-11). Jesus sal hom, selfs in sy verhewe posisie, nederig aan sy Vader se wil onderwerp, en ons moet ook (1 Kor. 15:28). Hoe kan ons dit doen? Deur ons heelhartige ondersteuning te gee aan die werk wat ons beveel is om te doen, dit wil sê om “dissipels van mense van al die nasies” te maak (Matt. 28:19). Ons wil ook “aan almal goed doen”, aan ons naaste en aan ons broers.—Gal. 6:10.
19. Wat moet ons vasbeslote wees om te doen?
19 Hoe dankbaar is ons tog dat Jehovah ons herinner om ons verstande gerig te hou op die dinge daar bo! Ons moet dus “die wedloop wat voor ons gestel is, met volharding hardloop” (Heb. 12:1). Mag ons almal “met [ons] hele siel soos vir Jehovah” werk, want ons hemelse Vader sal ons ywerige pogings beloon.—Kol. 3:23, 24.