Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Beter tye is op hande!

Beter tye is op hande!

Beter tye is op hande!

“Nog net ’n klein rukkie en die goddelose sal daar nie meer wees nie . . . Maar die sagmoediges sal die aarde besit, en hulle sal hulle inderdaad verlustig in die oorvloed van vrede.”—PSALM 37:10, 11.

SAL jy graag wil sien dat die profesie hierbo vervul word? Jy wil ongetwyfeld. Daar is goeie redes om te glo dat dit binnekort sal gebeur.

Die voorafgaande artikels het net sommige van die Bybelprofesieë bespreek wat duidelik toon dat ons in “die laaste dae” lewe (2 Timoteus 3:1-5). God het die Bybelskrywers geïnspireer om hierdie gebeure te voorspel sodat ons hoop kan hê (Romeine 15:4). Die vervulling van hierdie profesieë beteken dat die probleme waarmee ons nou te kampe het, binnekort sal eindig.

Wat sal op die laaste dae volg? God se Koninkryk sal oor die hele mensdom regeer (Matteus 6:9). Kyk na die Bybel se beskrywing van toestande op die aarde gedurende daardie tyd:

Hongersnood sal uit die weg geruim word. “Daar sal volop graan op die aarde wees; op die top van die berge sal daar ’n oorvloed wees.”—Psalm 72:16.

Siekte sal uit die weg geruim word. “Geen inwoner sal sê: ‘Ek is siek’ nie.”—Jesaja 33:24.

Die aarde sal hernieu word. “Die wildernis en die waterlose streek sal jubel, en die woestynvlakte sal bly wees en bloei soos die saffraan.”—Jesaja 35:1.

Dit is net ’n paar van die aanmoedigende Bybelprofesieë wat binnekort vervul sal word. Vra Jehovah se Getuies gerus om vir jou te wys waarom hulle so seker is dat beter tye op hande is.