Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Moet babas gedoop word?

Moet babas gedoop word?

Ons lesers vra . . .

Moet babas gedoop word?

▪ “Ek was bang dat my jonger boetie, John, tot limbus verdoem is”, sê Victoria. Waarom het sy hierdie vrees gehad? “John het gesterf voordat hy gedoop is”, verduidelik sy, “en ’n Katolieke priester het gesê dat John dus vir ewig in limbus sal bly.” So ’n gedagte is inderdaad skrikwekkend, maar is dit skriftuurlik? Leer die Bybel dat kinders wat sterf sonder dat hulle gedoop is, vir ewig verdoem is?

Die Bybel leer wel dat Christene gedoop moet word. Jesus het sy volgelinge beveel: “Maak dissipels van mense van al die nasies, en doop hulle in die naam van die Vader en van die Seun en van die heilige gees, en leer hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het” (Matteus 28:19, 20). Let op dat diegene wat gedoop word, dissipels van Jesus moet wees. Dit wil sê, hulle is mense wat van Jesus geleer het en gekies het om hom te volg—’n keuse wat natuurlik geen baba kan maak nie.

Maar baie dring nogtans daarop aan dat Jesus se bevel op klein kindertjies van toepassing is. “Almal moet gedoop word, insluitende babas”, voer ’n Lutherse pastoor, Richard P. Bucher, aan. Hy voeg by: “Om te keer dat hulle gedoop word, is om te keer dat hulle vergewe word en om hulle bloot te stel aan die gevaar van verdoemenis.” Maar hierdie kommentare weerspreek in werklikheid Jesus se leringe in ten minste drie opsigte.

Eerstens, Jesus het nie geleer dat babas gedoop moet word nie. Waarom is dit van belang? Dink hieraan: Jesus het sy dissipels in alle erns oor God se vereistes geleer. By tye het hy sy vernaamste leringe herhaal. Waarom? Om seker te maak dat sy dissipels die punt verstaan (Matteus 24:42; 25:13; Markus 9:34-37; 10:35-45). Tog het hy nooit geleer dat babas gedoop moet word nie. Het Jesus dalk vergeet om hierdie vereiste te noem? Onmoontlik! As babas gedoop moet word, sou Jesus ongetwyfeld so gesê het.

Tweedens, Jesus het nooit geleer dat enigiemand ná die dood ly nie. Hy het die Skrif geglo, wat duidelik sê: “Die lewendes is daarvan bewus dat hulle sal sterf; maar wat die dooies betref, hulle is bewus van hoegenaamd niks” (Prediker 9:5). Jesus het geweet dat die dooies nie in die vaevuur, limbus, die helse vuur of enige ander plek versmag nie. Hy het eerder geleer dat hulle in ’n toestand van onbewustheid is, dat hulle as ’t ware slaap.—Johannes 11:1-14.

Derdens, Jesus het geleer dat “almal wat in die gedenkgrafte is”, weer sal lewe (Johannes 5:28, 29). Dit sal ongetwyfeld miljoene insluit wat nooit gedoop is nie. Wanneer hulle opgewek word, sal hulle die geleentheid hê om oor God se vereistes te leer en vir ewig in die Paradys op aarde te lewe.—Psalm 37:29. a

Dit is dus duidelik dat die Bybel nie leer dat babas gedoop moet word nie.

[Voetnoot]

a Om meer oor die aardse Paradys en die opstandingshoop te leer, sien hoofstukke 3 en 7 van die boek Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies.