Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Hulle het iets beters gevind

Hulle het iets beters gevind

MILJOENE Christene verkies om nie Kersfees te vier nie. Hoe voel hulle oor hulle besluit? Voel hulle dat hulle iets goeds misloop? Voel hulle kinders dat hulle iets ontsê word? Kyk na wat Jehovah se Getuies regoor die wêreld hieroor sê.

Om aan Jesus Christus te dink: “Voordat ek een van Jehovah se Getuies geword het, het ek selde kerk toe gegaan. As ek wel gegaan het, het ek net op Kersfees of Paasfees gegaan. Maar selfs dan het ek nie werklik aan Jesus Christus gedink nie. Ek vier nie meer Kersfees nie, maar ek woon wel Christelike vergaderinge twee keer per week by en ek leer ander selfs wat die Bybel oor Jesus sê!”—EVE, AUSTRALIË.

Die vreugde om te gee: “Ek raak opgewonde wanneer iemand vir my onverwags ’n geskenk gee. Ek hou baie van verrassings! Ek geniet dit ook om vir ander mense kaartjies te maak en prente te skilder, want dit maak hulle ’n bietjie gelukkiger, en dit maak my ook gelukkig.”—REUBEN, NOORD-IERLAND.

Om die behoeftiges te help: “Ons geniet dit om etes voor te berei vir mense wat siek is. Soms neem ons vir hulle blomme, ’n koek of ’n geskenkie om hulle op te beur. Ons geniet dit omdat ons hierdie mense enige tyd van die jaar kan besoek.”—EMILY, AUSTRALIË.

’n Tyd vir familie: “Wanneer ons familie bymekaarkom, leer ken die kinders hulle ooms, tannies, grootouers en niggies en neefs in ’n ontspanne atmosfeer. Omdat ons dit nie net op sekere dae van die jaar doen nie, voel ons nie onder verpligting nie, en ons familie weet dat ons hulle besoek omdat ons hulle liefhet.”—WENDY, KAAIMANSEILANDE.

Vrede: “Gedurende die Kerstyd is daar gewoonlik soveel om te doen dat min mense blykbaar aan vrede dink. Noudat ek geleer het wat die Bybel mense belowe, het ek gemoedsrus. Ek verstaan nou dat my kinders ’n gelukkige toekoms sal geniet.”—SANDRA, SPANJE.