Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Antwoorde op Bybelvrae

Antwoorde op Bybelvrae

Waarom word Jesus die Seun van God genoem?

God het nie ’n letterlike vrou by wie hy kinders verwek het nie. Hy is die Skepper van alles wat lewe. Mense is geskep met die vermoë om God se eienskappe na te volg. Dit is waarom die eerste mens wat deur God geskep is, Adam, ’n “seun van God” genoem word. Jesus word eweneens “die Seun van God” genoem omdat hy met eienskappe soos dié van sy Vader geskep is.—Lees Lukas 3:38; Johannes 1:14, 49.

Wanneer is Jesus geskep?

God het Jesus geskep voordat hy Adam geskep het. Trouens, God het Jesus geskep en hom toe gebruik om alle ander dinge, insluitende die engele, te maak. Daarom noem die Bybel Jesus “die eersgeborene van die hele skepping” van God.—Lees Kolossense 1:15, 16.

Voordat Jesus in Betlehem gebore is, was hy ’n geesskepsel in die hemel. Toe die vasgestelde tyd aangebreek het, het God Jesus se lewe uit die hemel na Maria se moederskoot oorgeplaas sodat hy as ’n mens gebore kon word.—Lees Lukas 1:30-32; Johannes 6:38; 8:23.

Waarom wou God hê dat Jesus as ’n mens op aarde gebore word? Watter spesiale rol het Jesus vervul? Die antwoorde wat die Bybel op hierdie vrae voorsien, sal jou begrip van en waardering vir wat God en Jesus vir jou gedoen het, baie vergroot.