Is dit ’n sonde om te dobbel?
Die Bybel se antwoord
Hoewel die Bybel dobbelary nie breedvoerig bespreek nie, kan Bybelbeginsels ons help om te onderskei dat God dobbelary as ’n sonde beskou.—Efesiërs 5:17. a
Dobbelary word aangedryf deur gierigheid, en dit is iets wat God haat (1 Korintiërs 6:9, 10; Efesiërs 5:3, 5). Mense wat dobbel, hoop om geld te maak uit ander se verliese, maar die Bybel sê dat dit verkeerd is om ander mense se besittings hebsugtig te begeer.—Eksodus 20:17; Romeine 7:7; 13:9, 10.
Dobbelary, selfs vir klein bedrae, kan ’n vernietigende liefde vir geld aanwakker.—1 Timoteus 6:9, 10.
Dobbelaars maak dikwels staat op bygelowigheid of geluk. Maar God beskou sulke beskouings as ’n vorm van afgodediens, wat in stryd is met sy aanbidding.—Jesaja 65:11.
Die Bybel spoor ons aan om hard te werk eerder as om ’n begeerte te bevorder om iets vir niks te kry (Prediker 2:24; Efesiërs 4:28). Diegene wat die Bybel se raad volg, kan “voedsel ... eet wat hulle self verdien”.—2 Tessalonisense 3:10, 12.
Dobbelary kan ’n ongesonde mededingende gees wek, wat in die Bybel afgekeur word.—Galasiërs 5:26.
a Dobbelary word slegs spesifiek in die Bybel genoem in verband met die Romeinse soldate wat die lot gewerp, of “gedobbel”, het oor Jesus se klere.—Matteus 27:35; Johannes 19:23, 24; Contemporary English Version; Good News Translation