Spring na inhoud

3 JUNIE 2019
BOLIVIA

Grondstorting in Bolivia verwoes ’n buurt in La Paz

Grondstorting in Bolivia verwoes ’n buurt in La Paz

Op 30 April 2019 het ’n grondstorting ’n groot deel van die buurt San Jorge Kantutani in La Paz, Bolivia, verwoes. Honderde mense moes hulle huise verlaat.

Hoewel geen van ons broers beseer of dood is nie, het die takkantoor in Bolivia laat weet dat twee van ons broers se huise heeltemal vernietig is in die grondstorting. En 11 ander Getuie-gesinne wat in hierdie gebied woon se huise het min of geen skade gehad nie.

Onder leiding van die takkantoor gee die Noodlenigingskomitee, kringopsieners en plaaslike ouermanne geestelike en praktiese ondersteuning. Die broers in die gebiede wat geraak is, bly bewus van die gevaar en berei voor as daar nog grondstortings is sou dit weer reën.

Ons is dankbaar dat ons broers nie seergekry het nie en dat hulle die hulp kry wat hulle nodig het. – Galasiërs 6:10.