Spring na inhoud

Jehovah se Getuies stel Bybellektuur beskikbaar aan die publiek gedurende ’n onlangse sportgeleentheid in Ecuador

26 DESEMBER 2022
ECUADOR

Openbare getuieniswerk bereik duisende in Ecuador

Openbare getuieniswerk bereik duisende in Ecuador

Op 29 Oktober 2022 was die finale wedstryd van die Copa Libertadores in die stad Guayaquil, Ecuador, gehou, waarin die beste sokkerspanne in Suid-Amerika gespeel het. Omtrent 1 500 Getuies van Jehovah het in die dae voor en ná die spesiale geleentheid lektuurtrollies gebruik om die goeie nuus met ander te deel.

Die broers het 135 lektuurtrollies op 45 plekke regdeur die stad geplaas waar daar baie mense was. Baie het hulle skedules aangepas om deel te neem aan hierdie spesiale predikingskampanje. Omdat daar duisende besoekers van Brasilië die geleentheid bygewoon het, het party van ons broers en susters ’n paar uitdrukkings in Portugees geleer om die toeriste te lok.

’n Groot getuienis was gegee. Byvoorbeeld, op een dag het die verkondigers 796 publikasies geplaas. Die Getuies het altesaam 5 139 publikasies geplaas gedurende die 10 dae van die kampanje, wat op 2 November geëindig het.

Broer Davide del Monte, wat gehelp het om oor die projek toesig te hou, het gesê: “Baie toeriste het foto’s geneem van die broers en susters wat vriendelik en met verwelkomende glimlagte by die trollies gestaan het. Ander het weer die broers en susters geprys omdat hulle goed georganiseerd was en skoon en netjies aangetrek was. Of hulle het gesê hoe belangrik ons publikasies is.”

’n Vrou wat na een van die trollies gegaan het, het gesê: “Ek het julle van ver af herken. Julle praat sonder om ’n woord te sê. Julle metode is uniek.”

Dit is duidelik dat die predikingswerk eer aan Jehovah gebring het omdat dit sy wysheid is wat “hard [uitroep] op die openbare pleine” en “op die hoek van die besige strate”. – Spreuke 1:20, 21.