Spring na inhoud

’n Pad wat oorstroom is in Aparri, Filippyne. Kleiner foto: Sterk winde het ’n boom omgewaai wat op ’n huis in Vigan City, Filippyne, geval het

7 AUGUSTUS 2023
FILIPPYNE

Supertifoon Doksuri tref die Filippyne

Supertifoon Doksuri tref die Filippyne

Op 26 Julie 2023 het supertifoon Doksuri skade veroorsaak aan Aparri, Cagayan, in die noorde van die Filippyne. Hierdie kragtige storm, wat plaaslik Egay genoem word, het winde veroorsaak wat teen 220 kilometer per uur gewaai het. Dit het ook groot oorstromings in baie dele van die land veroorsaak.

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Ongelukkig het 1 broer gesterf toe hy deur ’n rivier weggespoel is

  • 2 huise is erg beskadig

  • 18 huise is beskadig, maar nie te erg nie

  • 1 Koninkryksaal is beskadig, maar nie te erg nie

Noodlenigingspogings

  • Plaaslike ouermanne voorsien geestelike en praktiese hulp aan diegene wat deur die ramp geraak is

Terwyl ons uitsien na ’n tyd wanneer daar nie meer natuurrampe sal wees nie, hou Jehovah aan om diegene te ‘vertroos en te kalmeer’ wat deur moeilike tye gaan. – Psalm 94:19.