Spring na inhoud

Broer Moskalenko buite die hof nadat hy uit die tronk vrygelaat is

4 SEPTEMBER 2019
RUSLAND

Broer Waleri Moskalenko vrygelaat uit die tronk

Broer Waleri Moskalenko vrygelaat uit die tronk

Op 2 September 2019 het die Zjeleznodorozjni-streekhof van Chabarowsk, Rusland, broer Waleri Moskalenko gevonnis tot twee jaar en twee maande se gemeenskapsdiens en ’n verdere ses maande van voorwaardelike vrylating. Dit sal nie nodig wees dat hy langer in die tronk hoef te wees nie.

Nadat die beslissing gelewer is, is broer Moskalenko uit die tronk vrygelaat. Dit het sy familie en vriende baie bly gemaak. Hy is vanaf 2 Augustus 2018 in die tronk. Voordat hy gearresteer is, het hy as ’n assistent-treinkondukteur gewerk en ook na sy siek ma gekyk. Onder die reëls van sy voorwaardelike vrylating mag hy nie Chabarowsk verlaat nie en moet hy elke maand aanmeld vir ’n kriminele inspeksie.

In sy laaste woorde aan die hof op 30 Augustus het broer Moskalenko gedeeltelik gesê: “Dit is heeltemal ondenkbaar vir my om teen God se wil te gaan soos dit duidelik in die Bybel uiteengesit is. En al word ek onder druk gesit of gestraf, selfs al word ek tot die dood gevonnis, sal ek nie eers dan die almagtige Skepper van die heelal, Jehovah God, verlaat nie.”

Jaroslaf Siwoelski, ’n verteenwoordiger van die Europese Assosiasie van Jehovah se Getuies, sê: “Al stem ons nie saam met die feit dat Waleri skuldig bevind is nie, is ons bly dat hy weer huis toe kan gaan.”

Behalwe vir broer Moskalenko, wag nog sewe van ons broers in die Chabarowsk-gebied vir ’n beslissing in hulle kriminele sake.

Ons sê dankie vir Jehovah dat broer Moskalenko se geloof sterk gebly het terwyl hy in die tronk was. Ons bid dat Jehovah sal aanhou om al die broers en susters te versterk wat vir hulle geloof vervolg word. – Jesaja 40:31.