Spring na inhoud

Van links na regs: Suster Kisjta Toetinowa, Tsagan Chalgaewa en Jekaterina Menkowa

28 JUNIE 2024
RUSLAND

Drie susters skuldig bevind in Republiek van Kalmikia, Rusland

Drie susters skuldig bevind in Republiek van Kalmikia, Rusland

Op 24 Junie 2024 het die Elista-stadshof van die Republiek van Kalmikia suster Tsagan Chalgaewa, Jekaterina Menkowa en Kisjta Toetinowa skuldig bevind. Tsagan en Jekaterina het albei ’n opgeskorte tronkvonnis van twee jaar gekry. Kisjta het ’n opgeskorte tronkvonnis van drie jaar gekry. Hulle hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Profiel

Ons waardeer hierdie hedendaagse voorbeelde van geloof. En ons is dankbaar om te weet dat Jehovah bewus is van die moeilike tye wat ons deurmaak en ons sal beloon vir ons getrouheid. – Psalm 37:18.

Tydlyn

  1. 16 Februarie 2023

    Kriminele saak word teen Kisjta gemaak

  2. 28 Februarie 2023

    Huise word deursoek. Kisjta word na ’n tydelike detensiesentrum gestuur

  3. 1 Maart 2023

    Tsagan verloor haar werk omdat baie mense weet dat sy as ’n misdadiger aangekla word. Kisjta word uit die tydelike detensiesentrum vrygelaat en onder huisarres geplaas

  4. 21 Julie 2023

    Kisjta word uit huisarres vrygelaat

  5. 19 Desember 2023

    Kriminele saak word teen Jekaterina en Tsagan gemaak. Albei word onder reisbeperkings geplaas

  6. 9 Februarie 2024

    Kisjta word onder reisbeperkings geplaas

  7. 1 April 2024

    Kriminele verhoor begin

  8. 24 Junie 2024

    Word skuldig bevind en opgeskorte tronkvonnisse gegee