Spring na inhoud

2 OKTOBER 2019
TADJIKISTAN

Tadjikistan vonnis 68-jarige Sjamil Chakimof onregverdig tot sewe en ’n half jaar tronkstraf

Tadjikistan vonnis 68-jarige Sjamil Chakimof onregverdig tot sewe en ’n half jaar tronkstraf

Op 10 September 2019 het die stadshof van Choejand in Tadjikistan broer Sjamil Chakimof tot sewe en ’n half jaar tronkstraf gevonnis. Hy is in die tronk net omdat hy sy godsdiensoortuigings aan ander vertel het. Jehovah se Getuies appelleer hierdie saak.

Hierdie moeilike tyd het vroeg in 2019 vir broer Chakimof begin. Op 26 Februarie het die owerheid die 68-jarige Sjamil daarvan beskuldig dat hy “godsdienshaat bevorder”. Die hof het hom in aanhouding gesit totdat hy verhoor is, wat later tot 6 maande verleng is. Behalwe dat hy onregverdig in die tronk is, ly broer Chakimof ook aan hoë bloeddruk en is hy nog besig om te herstel van ’n operasie.

Dit is die eerste keer sedert 2017 dat een van Jehovah se Getuies in die tronk in Tadjikistan gesit is. Die 18-jarige Daniil Islamof het ses maande tronkstraf gekry omdat hy geweier het om ’n militêre uniform te dra. Tadjikistan is nou een van vyf lande waar ten minste een van Jehovah se Getuies in die tronk is. Die ander vier lande is Eritrea, Rusland, Singapoer en Turkmenistan.

Ons bid dat Jehovah sal aanhou om vir broer Chakimof alles te gee wat hy nodig het om te volhard. – Romeine 15:5.